Loritzma

Loritzma

Share

Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Loritzma, Beauty Salon, Swarthaak Cresent 15, Gobabis.

13/01/2025

Met baie baie UITSIEN en 'n OPGEWONDE hart maak SALON LORITZMA , môre 14 JANUARIE 2025 die deure weer oop!

Benoude boude knyp so bietjie want ek kan eerlik sê die navrae en bespreekings stroom in soos ek nog geen Januarie in 14jaar beleef het nie. Dankie Jesus vir goeie oes♡
Reeds 4 troues vir 2025 vasgemaak! So dankbaar.

As jy die jaar by Salon Loritzma wil inloer vir die eerste keer, asb voel vry en kom kuier vir ons. Ek is seker daar is 'n opsie van bederf vir elke persoon se behoefte op ons salon se menu.
Die nuutste pryslys sal binne die volgende 2 weke beskikbaar wees. Indien jy dit soek, stuur asb 'n whatsapp na 0813862544 en ek stuur dit vir jou sodra dit gereed is.

Aan elke liewe lojale en ou klient-vriendin-familielid wat jaar in en uit vir Salon Loritzma ondersteun, ek wil vir jou met 'n baie nederige hart propvol soveel dankbaarheid kom DANKIE SÊ. Julle is my vlerke! My drome kry keer op keer kans om hoër te vlieg met elkeen se tyd, finansies en jou menswees wat jy hier belê.
Klein besighede het ook hul uitdaagings en soms krap mens maar die koppie vir nuwe planne en idees maar ek sien vir enige ietsie kans met julle as kliente.
Ek kan getuig dat ek suksesvol is omrede ek 'n span kliente het met lojale en opregte harte teenoor my, my werk en my besigheid. Dankie onbeskryflik vir elkeen van julle.

Mag ons 2025 saam instap, mekaar ondersteun, vir mekaar bid en ook so deel in groot veranderinge, verbeteringe, sukses en drome in mekaar se lewens en besighede.

♡Mag dit met jou die jaar BAIE BAIE GOED GAAN♡

Photos from Loritzma's post 23/12/2024

2024...
Soos ek terugkyk sien ek baie oomblikke waarin ek gewonder het: DIT OOK NOG? Asof die tempo van spoed net nooit stadiger gegaan het van begin af nie.
Dae wat ek selfversekerd was oor die program wat voorlê en dan aan die einde van die dag besef ek hoeveel ekstra in die mengsel beland het...en ons is daar deur!

Die hele jaar was moontlik maar werklik baie baie deurmekaar en uitdaagend.
Alttd nog 'n ietsie wat opduik...
Wanneer ek introspeksie doen kan ek werklik sê hierdie was 'n seisoen wat my as mens kom wys het tot hoeveel meer ek instaat is, maar ook geleer het om by mense se voete terwyl ek werk soos 'n kind te bid in my binneste. My gesprekke met myself was gedurig en my gebede eenvoudig want my moeg was moeg. Maar Vader het my nie begewe of my hand gelos nie.
Tyd het gevoel asof dit kom intrek het met 'n uitdaaging vir elke dag.
Klein oepsies het gevoel soos die einde van die wêreld...so aanhoudend!

Maar...deur al hierdie vat ek my handjie vol goed, mooi, beter, beste, lesse, veranderinge en sukses ...EK SÊ DANKIE HERE vir 'n jaar wat nie net rondom my aanpassings gebring het nie maar ook in my!

SALON LORITZMA is die stukkie grond op moeder aarde waar my drome 'n werklikheid is. Dit is die plek waar halo's in diep gesprekke ontaard en waar vroue terugkom om met gemak hulself te kan wees. Dit is my hartklop aan die buitekant van 'n liggaam.

As jy 'n klient van SALON LORITZMA is wil ek vir jou opreg kom dankie sê vir jou TYD, vir jou FINANSIELE BYDRAE, vir jou keuse om HIER te kom kuier...dit het my gehelp om dié jaar vir my gesin, my huishouding, my besigheid, my werksmense en myself te kon voluit leef. Waar die nood geknyp het was daar genoeg om ook ander te kon help.
Ek weet Hy stuur julle elkeen, want Hy is my voorsiener, maar ek sê werklik baie baie dankie.

Vir dié mensies wat nog nie by SALON LORITZMA kom inloer het nie...ons deur staan altyd oop. Kom kyk gerus of dit is waar jy gemaklik voel in 2025.

♡ GOBABIS dankie dat ek vir so lank as eienaar van 'n klein besigheid jaar in en uit van jul lojale ondersteuning kan getuig. Ek tel al my seëninge en met baie dankbaarheid en nederigheid is ek trots op hierdie plekkie wat probeer om 'n verskil te maak veral in vrouens se lewens.

● SALON LORITZMA - open 14 JAN 2025
● Stuur gerus 'n Whatsapp gedurende die vakansie indien jy plekkie wil boek vir Januarie 2025, ek kom so gou moontlik terug na jou toe.

Geseënde Feestyd saam jul gesin, familie en vriende. Mag ons altyd onthou dat Vader ons heel grootste genade kans en geskenk op die lewe is. Ons is omdat Hy ons gekies het.

Baie liefde en Groete
Loritzma
♡♡♡

26/11/2024

Ek glo daarin om alles wat ek verkoop, self te toets en te beproef.
SQT behandelinge is MY HEEL GUNSTELING omrede die resultate so vinnig ervaar kan word, direk na so behandeling.

Dit is elke sent die moeite werd!
..een na die ander getuig die kliente van hierdie wonderlike ervaring!
Bespreek jou plek, ek verduidelik vir jou mooi hoe alles werk en ervaar 'n baie gelukkige vel.

☆0813862544

18/11/2024

NAMIBIË!

Vat asb my hand en deel hierdie boodskap sover jy kan.
2024 glo ek gaan die jaar wees waar VERNUWING gaan plaasvind.
Ons is die BRAWES...ons is die wat nie terugstaan nie en wat streef na REG, SUKSES en POSITIEWE VOORUITGANG.

Laat JOU STEM TEL!
Neem die eerste stap, doen jou deel en probeer om die verskil waarna elke Namibiër se hart smag 'n WERKLIKHEID/ REALITEIT te maak.

Saam is ONS dié VERSKIL!

Hoe lekker sal dit wees as huidige misdaad en korrupsie kan daal?
Hoe lekker as ons binne ons eie land tenders kan kry vir die verbetering van infrastruktuur of ons land se vooruitgang?
Hoe lekker om oorwinnings saam mede lansburgers te vier van 'n land wat WIL?
..los jou merk, maak die regte besluit en stem asb op 27 Nov 2024!

Photos from Loritzma's post 31/10/2024

Vanaand is ek so dankbaar vir tyd wat NIE stilstaan nie!
Jip, jy lees reg!

Die laaste paar weke was baie rof en soms het ek nie geweet waar vat of los ek nie...maar met klein veranderinge en bid vir insig is niks onmoontlik nie. Bereidwillige harte kom altyd verder...so vat asb my hand met hierdie.

SALON LORITZMA se dagboek glimlag breed met 'n propvol mond! Die afsprakies stroom lekker in...Dankie Here vir ook dit.

So op die amper einde van die jaar moet ek
ongelukkig 'n klein baie groot verandering nou deel maak van SALON LORITZMA se stelsel wat vanaf môre 1 NOV 2024 intree.
Nuwe system en nuwe reels.

Indien jy 'n rekening klient wil wees en aan die einde van elke maand wil betaal sal jy asb op whatsapp vir jou aansoek vormpie moet vra en ook al die T's & C's ontvang rondom hierdie opsie.
0813862544

Ek het werklik baie hard probeer om so ver moontlik hierdie instelling te vermy maar ek kan ongelukkig nie langer uitstel met hierdie verandering nie. Dit is nie net vir die besigheid se onthalwe nie maar ook vir my tyd wat ek moet kortknip saam my gesin omrede soveel meer admin.

Opsies vir betalings:
● Kontant
● EFT (in salon betaling)
● PAYTODAY (laai die app af binne 2min, sit jou details in en betaal)
● KREDIET rekeninge (soos baie kliente al verkies om vooruit 'n bedraggie te betaal, dit word op streng rekord gehou vir jou)
..binne die volgende week of twee sal jy ook die gerief hê om met jou kaart te kan betaal(swipe)...

Ek waardeer almal se voortdurende en lojale ondersteuning.
En ek vertrou julle sal my wense rondom hierdie verandering respekteer.
Hierdie is die keuse om 'n HAKUNA MATATA seisoen te kan leef ( probleme free...of altans minder problem vry !)

Mag die laaste 2 maande van 2024 vir elkeen baie voorspoedig wees en mag die reën kom skoonwas en ons gemoedere verfris.

Baie Salon Liefde
Loritzma van Zyl

Photos from Loritzma's post 17/10/2024

'n Opgewonde goeie môre so in die 41ste week van 2024!

Glo dit, nog net 10-11 weke dan groet ons nog 'n jaar totsiens.

Met 'n baie dankbare hart teenoor ons Hemelse Vader vir elke paar voete, hande, gesig en hart wat gekies het om hier te kom rus of te pamperlang, is dit 'n goeie suksesvolle besigheids jaar vir SALON LORITZMA.
En al die eer kom alleenlik ons Pappa Vader toe...Dankie Jesus.
Begin Januarie het ek hierdie Bybelvers gekry as belofte en dit het my werklik daagliks tot hier gedra.
God herstel, voorsien, dra, beskerm en seën ons.

Met hierdie boodskappie wil ek vra boek asb voorloppig jou NOV 2024 en DES 2024 salon afsprakies...die dagboek inskrywings begin reeds vol raak.

Naweek Datums Beset:
●26 Okt'24
●2 Nov'24
●7 Des'24
●21 Des'24
●28 Des'24
●4 Jan'24

Boek asb so gou moontlik om teleurstelling te voorkom.

SALON LORITZMA se deure sluit 20 Des'24 vir vakansie (...slegs die naweek datums daarna geboek sal ek nog behartig)

Baie baie dankie.
Loritzma

Photos from Loritzma's post 15/10/2024

Gister en vandag is omtrent goed vir my hart♡..noem dit maar my beuel blaas oomblik maar sulke boodskappies gee mens se lewe soveel waarde en is soos 'n BOOSTER wanneer mens dit die nodigste het! So op die einde van die jaar maak hierdie so groot verskil in mens se gemoed.
Almal van ons het daardie hip-stoot nodig. ♡

Dankie Gobabis en al die nuwe kliente vir jul geloof in my hande werk en dat EK KAN VOLUIT LEEF!
(...al bly vlegsels vir my 'n uitdaaging kan ek steeds terugkyk en sien hoeveel meisies Vader oor my pad vir opdollie sessies stuur ;-)

Photos from Loritzma's post 09/10/2024

Sê YELLOW vir hierdie Donderdag (môre, 10 OKT 2024) se lekker spesiale aanbiedinge.

MOET NIE HIEROP UITMIS NIE!

Kyk gerus hier onder en boek jou plekkie onmiddelik...
0.8.1.3.8.6.2.5.4.4
☆Jy spaar groot vir goeie gehalte ontspan en bederf!
Tyd vir oop skoene is HIER!Kry daardie voete gereed vir jou mooi oop sandale en gee jou rûg daardie ekstra aandag vir 'n vel wat gelukkig is.

♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡

Photos from Loritzma's post 25/09/2024

Soos die meeste mense my nou al ken, NIKS verkoop of gebruik ek wat ek nie self probeer het of getoets het nie.

Ek kan WERKLIK met alle eerlikheid sê NANO SILVER is in my opinie 'n wonderwerk! Nou om en by 2 jaar later en deur soveel ervaring waar hierdie produk my lewe soveel makliker gemaak het en my probleme opgelos het, kan ek julle nou werklik bemoedig om so botteltjie aan te skaf.

Uit my 'point of view' :
》Jou baba sak kort 'n botteltjie (•brand boudjies, spuit op dummy, spuit daagliks in mondjie vir weerstand, fantastiese verkoue oplossing/hulp, wond behandeling)
》Jou handsak kort 'n botteltjie (saniteerder, koorsblare, vel uitslag, sonbrand)
》Jou medisyne kas kort 'n botteltjie (verkoue, wond behandeling, koorsblare, allergiese reaksies, vel toestande, immune booster)
》Jou spieelkas kort 'n botteltjie (kan gebruik word as 'n 'toner' in jou velsorgreeks, aknee behandeling, sonbrand)
》Jou geskenke kas kort 'n botteltjie (oulike geskenk vir enige iemand!)
》Jou man se plaas bakkie kort so botteltjie (beste beste wond behandeling op enige diere of persone)

☆Beskikbaar in 100ml (N$95)
☆Beskikbaar in 1L (N$715)

As jy werklik waarde vir jou geld wil hê en jy jouself 'n massiewe guns wil doen KOOP JOU BOTTELTJIE!

▪︎ voorraad hou werklik nie lank...sou ek moet bestel kan dit 1 tot 3dae neem.

● 0813862544

Kyk gerus na hierdie geval so paar weke gelede van 'n dogtertjie wat met kookwater gebrand het...slegs met behandeling van Nano Silver (2x botteltjies se gebruik)
18-19dae se gebruik!
Selfs die vel se pigment het ook herstel.

Dit werk WERKLIK!

Photos from Loritzma's post 24/09/2024

My hart BARS as hierdie whatsapps deurkom!

Ja, ek moet ook oorleef, maar geld is nie my alles nie. Ons manier van wandel is baie meer werd.
Ek het al lang ente en ver gekom in my lewe sonder 'n groot som pennies(Covid het hierdie lewensles vir my mooi kom leer)...meer tye op Sy genade en guns al oorleef...daagliks!

Elkeen se bydrae in tyd, ondersteuning van 'n goeie vriendskap of op besigheids vlak en met jou hard verdiende note...opreg baie baie dankie dat jy kies om hierheen te kom♡

God is my voorsiener en ek vertrou Hom dat Hy stuur wie hier in en uit stap...elke dag, elke maand, elke jaar en vir die res van my lewe.

Dankie vir kliente wat uit ervaring en met oorvertel (word of mouth) vir my groooooot advertensie is.
Julle bou my op...dankie!

♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡♡

18/09/2024

My grootste passie in die skoonheidswêreld!
Ek sê elke dag dankie dat ek kan doen wat my hart warm laat klop.
Net groot genade!

2024 is die jaar van soveel deurbraak en voorsiening.
Lekker vol bespreek met troues, matriekafskeid en nog 4 foto sessies.
Dankie Vader vir U groot plan in my lewe en my beroep.

♡♡♡

Want your business to be the top-listed Beauty Salon in Gobabis?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Telephone

Website

Address


Swarthaak Cresent 15
Gobabis