Liewe Kannaland

Liewe Kannaland

Share

Liewe Kannaland.

Hier begin ’n gesprek oor óns mense, óns gemeenskap en óns toekoms. ’n Plek vir kennis, feite, waarheid, vrae en verantwoordbaarheid sonder valse narratiewe, politieke propaganda of blindelingse geloof.

10/10/2026

ONDERSTEUN ONS PLAASLIKE BESIGHEDE | ILA’S BESKUIT

Het jy ’n lus vir vars, tuisgemaakte koekies en beskuit van topgehalte? Of beplan jy ’n funksie en soek jy iemand wat kan help met die spyseniering?

Ila’s Beskuit in Zoar spesialiseer in heerlike koekies en beskuit en bied ook begrafnisbakkies vir tot 200 persone, asook spyseniering vir funksies.

📍 Adres: 155 Pietersen Crescent, Zoar
📞 Kontak: 064 659 6309

Kom ons ondersteun ons plaaslike entrepreneurs. Elke klein besigheid het ’n storie, harde werk en ’n droom daaragter.

Koop plaaslik. Ondersteun plaaslik. Bou saam aan Kannaland.

10/10/2026

’N OOMBLIK VAN TROTS VIR KANNALAND

Vanoggend voel dit vir my reg om ’n woord van dank en respek uit te spreek teenoor Calitzdorp Hoërskool.

Die sigbare transformasie onder leiding van die nuwe skoolhoof, mnr. Hanno Fourie, is werklik iets besonders.

Dit roer jou hart as Kannalander om ons kinders so pragtig, trots en gedissiplineerd te sien. Julle straal iets uit wat verder strek as die skoolterrein.

Daarom wil ek vanoggend my opregte waardering uitspreek teenoor mnr. Fourie, elke personeellid, elke ouer en natuurlik elke leerder.

Julle blink uit in Kannaland. Julle werk is sigbaar. Julle harde werk agter die skerms dra vrugte wat die gemeenskap kan sien.

Bou voort op hierdie fondasie. Hou aan om ons kinders te vorm, hulle trots te bou en vir hulle ’n omgewing te skep waarin hulle kan groei.

Mag ander skole in ons omliggende gemeenskappe geïnspireer word deur dit wat by Calitzdorp Hoërskool besig is om te gebeur.

Want wanneer ’n skool floreer, wen ons kinders. Wanneer ons kinders wen, wen ons gemeenskap.

Dit maak my trots om ’n Kannalander te wees.

Aan Calitzdorp Hoërskool: Hou so aan. Kannaland sien raak wat julle doen.

09/10/2026

Lam Ribbetjie

Karoo Kind

Liefde Woon Hier

Vet op die kole is soos musiek vir my ore

Die reuk in die somers aand lig ❤ is om enige een se mond te laat water

Photos from Liewe Kannaland's post 09/10/2026

VRYDAGAAND IN DIE KAROO

’n Lang, warm somersdag lê agter ons. Hard gewerk, lank op die pad, heeldag op jou voete, wat ook al jou dag gebring het, vanaand is dit tyd om asem te haal.

Hier by ons is dit vanaand ek en my vrou, ons drie honde, vars lamribbetjies op die Weber, tuisgemaakte slap chips en ’n laat aandjie voor die TV.

Geen groot planne nie. Net ek en my vrou, lekker kos en die voorreg om saam by die huis te wees.

Vanaand geniet ons mekaar se vervelige geselskap, lag oor ons eie dinge en los die wêreld se probleme waar hulle hoort, by die voordeur.

Want partykeer is dit juis hierdie eenvoudige aande wat die meeste beteken.

Lekker Vrydagaand, Kannaland. ❤️🌾

09/10/2026

LADISMITH NUWE LEWE

Filled With Fire Ministries nooi die gemeenskap uit na ’n spesiale dag van Ladismith Nuwe Lewe.

📅 11 Oktober 2026
🕘 09:00
📍 Shalom Skool – Rugbyveld
🎤 Spreker: Eckard Henn

🎟️ Gratis toegang – almal is welkom.

Bring jou kampstoel en kom geniet die dag saam met ons.

📞 Vir meer inligting:

Quintin – 071 311 5941
Pastoor Julian – 084 533 8388

Iets vir die hele familie

Photos from Liewe Kannaland's post 09/10/2026

VANDAG SE LEKKER EET IN LADISMITH!

Varsgemaakte Curry & Rice vir net R75!

📍 Beskikbaar by Sophia’s Bakery & Coffee Bar, jou plaaslike coffee shop in Ladismith.

Ondersteun ons plaaslike besighede en bederf jouself met ’n lekker tuisgemaakte ete! 😋

09/10/2026

" Liewe Kannaland

Vir ons gemeenskap, van ons gemeenskap, deur ons gemeenskap "

09/10/2026

BRANDSTOFPRYSE

Die President sê die styging in brandstofpryse is weens die oorlog in die Midde-Ooste.

Maar wat beteken dit vir óns hier in Kannaland?

Van ons boer wat diesel nodig het, tot die ouer wat elke dag moet ry, die werker wat werk toe pendel en die gesin wat reeds sukkel om kop bo water te hou brandstof raak ons almal.

Die vraag is nie net waarom brandstof duurder word nie.

Die vraag is: Hoe gaan hierdie styging ons plaaslike huishoudings, boere en besighede raak, en wat kan gedoen word om die druk op gewone mense te verlig?

💬 Hoe voel julle die styging reeds in julle sak?

09/10/2026

🌞❤️ VRYDAG IN ONS KANNALAND ❤️🌞

Die son klim stadig oor die Karoo, die oggendlug dra daai bekende somersgeur, en Kannaland begin sy dag op sy eie lekker manier.

Ons mensies is al aan die woel, hier en daar trek ’n deur oop, motors begin ry, en ons dorp kom stadig maar seker tot lewe.

Dis mos die mooi van ’n Karoo-oggend die eenvoud, die vrede en die mense wat hierdie plek vir ons so besonders maak.

En natuurlik, mense…

Antie Melinda is weer op haar gewone plek, met daai goudbruin, vars roosterbrood waarvoor ons dorp so lief is!

Daai soort brood wat nie net jou maag vol maak nie, maar jou sommer laat verlang na die lekker ou dae.

Waar ’n mens nog groet, ’n geselsie aanknoop en vir ’n oomblik vergeet hoe vinnig die wêreld buitekant hardloop.

So, my Kannalanders, maak ’n draai by Antie Melinda en kry julle roosterbroodjie voor die laaste krummels oorbly!

Want voor jy jou oë uitvee, het die dorp se mense, die toeriste en die verbygangers klaar hul deel gevat!

Mag jou Vrydag so warm wees soos vars roosterbrood, so mooi soos ’n Karoo-sonopkoms en so vol liefde soos ’n huis waar almal welkom is.

Lekker Vrydag, my mense. Ons is mos geseënd om hier groot te word.

Van die hart van die Karoo, vir die hart van Kannaland.

Leuwin Klink

08/10/2026

LIEWЕ KANNALAND | KANDIDAATVOORSTELLING

Ons keer terug na Jody Petersen, onafhanklike kandidaat vir Wyk 3, Zoar.

In sy tweede en laaste video deel Jodie sy plan van aksie en wat hy sê hy graag sal aanpak indien hy suksesvol is.

Hier is sy geleentheid om dit direk met die gemeenskap te deel.

Luister gerus.

Want your business to be the top-listed Beauty Salon in Cape Town?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Website

Address


1
Cape Town
6656

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 12:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Liewe Kannaland posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Subscribe

We will notify you when anything happens in Cape Town.