Bella Vista SA Boerperd Stoet
Bella Vista wil βn reputasie opbou van βn stoet wat min, maar kwaliteit, goeie temperament- en g
13/08/2026
Our Beautiful ππ΄ Bella Vista Nancy π΄π is FOR SALE
DOB - 5/11/2021
Sire - Goudhoek Dayo (Michmar Franco)
Dam - Goudhoek Nana II (Carel-Hanke Skemer II x Goudhoek Oortjies)
Height - 15.2hh, still growing
Passport & Vaccination are up to date
Barefoot & lives out in a herd
Bella Vista Nancy is a beautiful, striking mare with exceptional presence and lovely movement.
She shows great potential for both Dressage and Showjumping and is a comfortable, enjoyable ride.
She is a forward, a sensitive mare best suited to a confident, experienced rider who will appreciate her fiery nature and continue her education with patience.
She is kind to handle, easy to manage, loads well, stands quietly for the farrier, and has no handling issues. A talented mare with a bright future in the right hands.
She has competed in Dressage training shows, as well as in the recent 2026 Toyota SA Boerperd National Championship in Parys where she did exceptionally!
She competed in Dressage Novice, did showjumping and various showing classes. She was third in the Under 6 Universal Ladies Riding Horse Class, which qualified them for the Championship Class.
For more information, contact Gerhard Le Roux on 082 575 6735 or [email protected]
Price - R100 000
10/08/2026
Bell Vista Kordaat & Alisthia, Veels Geluk!!!
Geduld, volharding en sweet maak 'n unieke kombinasie vir sukses...
Julle het hard gewerk, die tyd ingesit en nou pluk julle die vrugte! Ons is baie trots op julle tweetjies!!!
Welgedaan!! πππ
π₯1ste Plek - Dressage Toets 2
π₯3de Plek - Dressage Toets 3
π₯2de Plek - Show Jumping Accumulator!
Ons is saam met julle opgewonde en baie trots!!
03/08/2026
Ons sien jou! En nou sien ons jou nie meer...
Martinette Mans, dis πΏ 'n Nuwe hoofstukβ¦ π΄
Die afgelope naweek het ons nie net 'n stalbestuurder gegroet nie, maar iemand wat soveel meer was vir ons, βn besonderse mens en βn jong vrou met βn hart vol passie!
Van die eerste dag af was dit duidelik dat jy βn natuurlike talent het wanneer dit by perde kom. Die manier waarop jy met hulle gewerk het, hulle verstaan het en met soveel geduld, liefde en respek hanteer het, was iets besonders om te aanskou. π΄β€οΈ
Jy was soveel meer as net iemand wat by Bella Vista SA Boerperd Stoet gewerk het. Jy het deel geword van die hart van die plaas. Jou sprankelende persoonlikheid, jou lag, jou energie en jou liefde vir die perde het βn besondere kleur aan ons dae gegee.
Ons is ongelooflik Dankbaar vir die tyd wat jy saam met ons gedeel het en vir alles wat jy by Bella Vista beteken het. Jy laat voetspore agter wat nie maklik vergeet sal word nie!! Dankie vir alles...
Geniet hierdie nuwe werk en nuwe hoofstuk in jou lewe! Dit is 'n wonderlike geleentheid!! Mag dit net vir jou groei, geluk en sukses bring!
Mag God jou pad vorentoe lei, jou beskerm en vir jou deure oopmaak wat jy nooit eers gedroom het moontlik is nie!
Moet nooit twyfel aan die besondere talent wat jy het nie. Hou aan leer, hou aan droom en, bo alles, hou aan om daardie mooi mens te wees wat jy is!
Ons gaan jou baie mis β maar ons is ook opgewonde om te sien waarheen jou pad jou neem. πΈ
Baie geluk met jou nuwe werk! Mag die Here jou ryklik seΓ«n in hierdie nuwe avontuur.
En onthouβ¦ Bella Vista sal altyd βn plekkie hΓͺ vir jou. π€π΄
βSoms is afskeid nie die einde nie, maar bloot die begin van βn nuwe en mooier hoofstuk.β πΏ
Met baie liefde en waardering,
Bella Vista SA Boerperd Stoet β€οΈ
27/07/2026
Hierdie foto is βn bewys dat perdry nΓ©t goed is vir die mens se siel. π΄β€οΈ
Dit is βn bewys dat perde jou jonk hou, jou hart met vreugde vul en jou herinner aan die eenvoudige dinge in die lewe wat werklik saak maak.
Want perdry is soveel meer as net βn ruiter en βn perd. Dit is om deel te wees van βn gemeenskap β βn familie wat dalk nie deur bloed verbind is nie, maar deur βn gedeelde liefde vir perde, vir skou en die vreugde wat hierdie wonderlike diere in ons lewens bring!
Hierdie is die magie van perde! β¨π΄
Een liefde. Een passie. Een gemeenskap. β€οΈ
Dankie HQ. South Africa's Premier Equestrian Magazine vir hierdie besonderse foto!!
22/07/2026
Toyota SA Boerperd Nasionale Kampioenskappe 2026
Bella Vista Edel & Carla Nel het ons net so trots gemaak gedurende die afgelope Kampioenskappe! Welgedaan Carla!
Hierdie jong hings het verseker sy talent en potensiaal vertoon en gewys hy is murg en been 'n SA Boerperd!
Ons is opgewonde oor sy toekoms!
17/07/2026
Ons is so trots op Bella Vista Nancy & Martinette Mans!
Nie net hierdie tweetjies spoggerig gelyk nie, hulle was spoggerig! Dit is die jong merrie se eerste Parys Skou en sy het haar soos 'n kampioen gedra!
Ons sien uit na die jong merrie se toekoms in die skouring!
12/07/2026
Bella Vista Nancy is ook gereed vir die komende week se TOYOTA SA Boerperd Nationals in Parys!
Baie sterkte Martinette Mans en Nancy! Ons is opgewonde om julle in aksie te sien!
09/07/2026
Bella Vista Edel hard aan die oefen vir volgende week se TOYOTA SA Boerperd Nationals in Parys!
Ons is baie opgewonde oor die opkomende skou!
Absoluut Love net hierdie hings van ons!!!
ππ΄ Genot Rietbok π΄π
Hy is darem maar net 'n Liefling bo-op al daai prag!
30/06/2026
Baie geluk Tania Wessels met jou Pragtige nuwe merrie, Bella Vista Lente! πΏπ΄
Mag sy vir jou baie vreugde en onvergeetlike oomblikke bring!
Sy is 'n besonderse kosbare merrie met soveel potensiaal, en ons sien uit daarna om haar ontwikkeling en prestasies te volg!
Bella Vista Lente is die enigste dogter van ons geliefde, Bella Vista Charlie! Sy het net so besonderse beweging en net so mooi soos hy! En dan het sy ook die mooiste, mooiste temperament!
Mag julle saam 'n lang pad van mooi herinneringe, sterk vennootskap en groot drome stap!
Voorspoed met hierdie nuwe hoofstuk β ons wens julle net die beste toe! ππ€
Click here to claim your Sponsored Listing.
Telephone
Website
Address
Ptn 121 Of The Farm Doornkraal 420 JR
Cullinan
1000
