Tebza Tebza
King Fisher, Meyerton
Anru is 'n 4 jarige seuntjie wat autisme en 4 verskillende tipes epilepsie het.
31/10/2026
Hallo julle! 😁👋🏻
Kyk net wat het ek hier!!! 😍🎨🖌️
Nog ’n oulike raffle om my mediese kostes te help betaal! ❤️🥹
Kyk net hoe mooi is hierdie Arts & Crafts-stelletjies! Daar is ietsie vir die dogtertjies 👧🏻, ietsie vir die seuntjies 👦🏻 en sommer ook ietsie vir MAMMA! 👩🏻🥰
Dis mos perfek vir die Desembervakansie wanneer julle lekker kan verf en kreatief wees! 🎨🖍️ Of dalk soek julle nog ’n spesiale Kersgeskenkie vir iemand wat julle baie liefhet? 🎄🎁 Dan is hierdie net die ding!
Elke lootjie wat julle koop, help my mamma en pappa om my mediese kostes te betaal. ❤️🙏🏻
Baie dankie dat julle my altyd so mooi ondersteun en saam met my hierdie pad stap! 🥹❤️
Ek wil ook baie dankie sê vir tannie Zanie Victor van Just Fun Arts & Crafts wat die stelletjie vir ons geborg het. Tannie is baie spesiaal vir my💙💚
Kom ons maak hierdie Kersfees sommer ekstra kleurvol! 🌈🎨🎄
30/10/2026
Hallo almal! ☀️💦
Sjoh, maar dit is warm! 🥵 Ek swem sommer elke dag om lekker af te koel. 🏊♂️💙
Ek het nou ook my eie swembad-gekkie (pool noodle) gekry! 😁 Nou kan ek nóg lekkerder in die swembad baljaar! 💦🤩
20/10/2026
🤠🌸 Hello almal! 🌸🤠
Saterdag was ons by ’n cowboy-dans en het ek nou vir jou lekker gedans! 🤠💃🕺 Daai klomp girls het my behoorlik besig gehou en sommer lekker moeg gedans! 😂🙈
My pappa leer my om ’n regte gentleman te wees, so ek het vir die dogtertjies blomme gevat. 🌹🥰 Want ’n cowboy moet mos weet hoe om die girls se harte te wen! 😉❤️🤠💐
11/10/2026
Hallo almal! 🐳🤠
Ek het vandag besluit ek is ’n WHALE COWBOY! 😂🐋🤠
Moenie vra hoekom nie, want ek het self besluit dis wat ek wil wees! 🤣💙
02/10/2026
Hello julle
Mamma het gevra of sy vandag 'n bietjie mag post, natuurlik het ek ja gesê😁
💜 2 jaar... 💜
Vandag, 2 jaar gelede, het ons ná ’n lang en uitmergelende stryd uiteindelik uitgevind dat jy epilepsie het. ’n Diagnose wat ’n hele nuwe wêreld vir ons oopgemaak het – een van onsekerheid, baie vrae, hospitaalbesoeke, toetse, dokters en elke dag ’n klomp medisyne. 💊
Maar dit het nie daar gestop nie. Jy moes deur soveel gaan. Meer toetse, meer hospitale, meer ondersoeke en steeds kry jy seizures. Daar is dae wat ons wens ons kon alles van jou af wegvat en jou net ’n normale, sorgvrye kind laat wees. 💔
Maar ten spyte van alles... leef jy voluit. 🥹❤️
Jy lag, speel, leer, is lief vir jou dinosaurs, gee drukkies wanneer jy lus is en wys ons elke dag dat jy tot soveel meer in staat is as wat ons ooit kon dink. 🦖💙
Jy het ons geleer dat krag nie altyd groot en hard hoef te wees nie. Soms is krag net om weer op te staan, weer te probeer en aan te hou glimlag, selfs wanneer jou lyfie deur soveel gaan.
My seuntjie, ons is ongelooflik trots op jou. ❤️
Jy is soveel meer as jou diagnose. Jy is ons Anru – sterk, uniek, liefdevol, dapper en vol lewe.
2 jaar later, en ons staan steeds saam met jou. Een dag, een seizure, een uitdaging en een oorwinning op ’n slag. 💜🦖
Ons sal altyd jou grootste ondersteuners wees.
Mamma en Pappa is oneindig lief vir jou. ❤️
29/09/2026
Hello almal! 🥰
Wat is beter op ’n koue, reënerige dag as ’n lekker MOVIE DAG? 🎬🍿
Ek, mamma en pappa het lekker onder die komberse gekruip en ons kyk Paw Patrol: The Dino Movie! 🐾🦖
Ek het my snacks reg, my ore is warm en ek is reg vir die dinosaurs! 😂🦖🍿
Nou moet niemand my pla nie… dis movie tyd! 🤭❤️
28/09/2026
Hello almal 👋
Vandag het ek en pappa bietjie gaan hare sny. 💇♂️ Mamma sê ons lyk nou weer mooi en netjies. Ek dink sy is reg! 😆
Ek het ook vandag vir die eerste keer hierdie seisoen bietjie gaan swem. 🏊♂️ Ek dink ek is nou amptelik reg vir die somer. ☀️
27/09/2026
Hello julle 👋
Kyk net hierdie foto's van my in my mooi kerkklere. 😎
Ek was vanmiddag sommer baie moeg en het 'n lekker dutjie gevat. Toe ek wakker word, het Die Leeu besluit sy het my baie gemis! 🐶❤️
Sy wou net soene gee, drukkies kry en heeltyd by my lê. Ek dink sy het gedink ek het vir honderd jaar geslaap! 🤭
Ek kla nie hoor nie... drukkies van Die Leeu is van die beste drukkies ooit! 🥰🐾
26/09/2026
Hello julle 👋
Kyk bietjie wat het ons vandag gedoen! 🧁
Ons het cupcakes gebak vir Kids with Cancer. Ek was natuurlik die belangrikste proe-kontroleerder... iemand moes seker maak alles smaak lekker! 😋
Hier is my cupcakes, en ook Kiekie, tannie Adri en tannie Sonette s'n. Ek dink hulle het baie mooi gelyk, maar ek wonder nog steeds of myne nie die mooiste was nie. 🤭
Dit was baie lekker om saam te bak vir so 'n spesiale saak. ❤️
Groete
Anru 🦖
24/09/2026
Hello almal 👋
Ons Braaidag het vandag sommer met 'n avontuur begin! Mamma moes rondbel en rondry om een van my 3 epilepsie-medisyne te kry. Daar is glo 'n tekort aan die medisyne, en ons het nogal gesukkel om dit in die hande te kry. Maar mamma gee nie maklik op nie, en uiteindelik het ons 'n botteltjie vir my gekry. Gelukkig, want sonder my medisyne gaan is nie 'n opsie nie.
Daarna was dit tyd vir braai! Vandag was dit net ek, mamma en Mie, want shame, pappa moes werk. Ons het darem vir hom lekker braaivleis gebêre sodat hy ook kon eet wanneer hy by die huis kom.
Ek moet sê... vir die eerste keer wat mamma gebraai het, was dit glad nie sleg nie! 😋 Maar moenie vir haar sê ek het dit gesê nie... Pappa bly nog steeds die bobaas braaier in ons huis! 🔥🥩😂
Groete
Anru
King Fisher, Meyerton
Meyerton 1963
Avon Representative in the Vaal, Gauteng
Helderstrome, Meyerton
Starting a Homestead from nothing, only open field with a beautiful view. And doing it 99% natural.
Meyerton, Kookrus, Meyerton 1961
Meyerton
Oil Based Perfumes/ Alcohol Based / Dubai perfumes/ Designer shoe’s and Bags/ belts and Scarfs 💯
Meyerton
Mimosa, Meyerton 1961
Bath Bombs and Shower steamers Household items
Meyerton
Meyerton 1961
Clothes and jewelry WhatsApp to order
Meyerton 1873
Welcome to the world of ANNIQUE, the original Rooibos Health and Beauty Company�
20 Dassie Street, Meyerton 1960
Healing and helping people financially
Be the first to know and let us send you an email when Anru's Spectrum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.
We will notify you when anything happens in Meyerton.
Save businesses and follow local categories.
Complete the verification to continue.