Esthetiek - by Sandra de Beer

Esthetiek - by Sandra de Beer

Share

Somatoloog met 13jaar + ondervinding in die industrie. SAAHSP | CIDESCO | ITEC

🇿🇦Trots Afrikaans

18/06/2026

Die beste deel van my eie baas wees?

Dat ek soms my klein assistent kan saambring werk toe. 😍

Gister het sy besluit sy is verantwoordelik vir voorraadbeheer en het elke produk wat sy kon bereik van die rak afgehaal en vir my aangegee. 😂

Ek droom daarvan om haar eendag te leer dat selfversorging belangrik is, maar vir nou is sy net gefokus op die belangrike goed:
✔️ Produkte van die rak afhaal
✔️ Alles inspekteer
✔️ En kyk of dit dalk eetbaar is

'n Mens begin mos vroeg met kwaliteitbeheer. 🤣

Maar op 'n ernstiger noot...

Ons kinders groei vandag op in 'n wêreld waar sosiale media hulle daagliks vertel hoe hulle "behoort" te lyk. Ek hoop ek kan haar leer dat selfversorging nie gaan oor onrealistiese skoonheidsideale of om iemand anders te probeer wees nie.

Ek wil hê sy moet leer dat selfversorging beteken om mooi na jouself om te sien, jou liggaam te respekteer, jou vel te versorg en jouself lief te hê — presies soos jy is. 🤍

Tot dan sal sy maar aanhou om my rakke leeg te maak en gratis produk-aanbevelings uit te deel. 😂

03/06/2026

My man werk in die korporatiewe wêreld en spandeer baie tyd op terreine. Tussen die lang dae, stof, sonblootstelling, stres en eindelose verantwoordelikhede kry sy vel ook swaar.

So nou en dan steel ek hom vir 'n uur en gee sy vel die liefde en sorg wat dit nodig het.

Wat begin het as "Ek sal dit doen omdat jy vra", het een van sy gunsteling behandelings geword. Nie net vir sy vel nie, maar vir die kans om vir 'n uur lank heeltemal af te skakel.

Geen e-posse. Geen oproepe. Geen deadlines!

Net ontspanning.

Want gesonde vel is nie net vir vroue nie, en selfversorging is ook nie iets waaroor mans skuldig hoef te voel nie.

En eerlikwaar? Om hom halfpad deur die behandeling aan die slaap te sien raak, bly een van my gunsteling dinge.

www.sdbesthetiek.com

02/06/2026

Dis nie net oor mooier wenkbroue nie... dis oor daardie ekstra selfvertroue wanneer jy in die spieël kyk. 🤍

Natuurlike Powder Brows wat sag genees en jou unieke gelaatstrekke komplementeer

Die geneesde resultaat is ongeveer 30% sagter as direk na die prosedure.

[email protected]

Photos from Esthetiek - by Sandra de Beer's post 28/05/2026

gee daai sagte, natuurlike wenkbrou-effek wat jou brows voller, netjieser en meer gebalanseerd laat lyk — sonder dat dit TÉ lyk.

En ja… hulle sal nog sagter genees.

🌐 www.sdbesthetiek.com
📧 [email protected]

26/05/2026

Onthou — vars powder brows lyk altyd donkerder en meer bold direk ná die behandeling.

Sodra dit genees het, versag en lig dit gewoonlik met ongeveer 30%.

Ek gebruik ook altyd die kliënt se natuurlike as ‘n gids, sodat die eindresultaat steeds natuurlik by háár gesig pas.

Trust the healing process 🙌🏻

🌐 www.sdbesthetiek.com/eyebrows
📧 [email protected]

26/05/2026

is amper soos seepresidu op ‘n glas stortdeur.

Jy sien dit nie oornag nie… maar met tyd bou dit op en laat alles dof lyk.

werk soos ‘n diep skoonmaak vir die vel — dit help om die opgeboude pigment onder die vel op te breek, sodat jou liggaam dit natuurlik kan wegwerk.

Minimale downtime — ligte rooiheid en sensitiwiteit kan vir 24–48 uur voorkom, terwyl pigmentasie tydelik donkerder kan raak voordat dit oor 5–10 dae natuurlik vervaag.

🌐 www.sdbesthetiek.com/iplsr
📧 [email protected]

25/05/2026

Die waarheid oor sonskade en .

Baie mense d**k pigmentasie is net “donker merke” op die vel… maar sonskade gaan dikwels baie dieper as dit.

Jare se sonblootstelling kan lei tot:
- Ongelyke veltoon
- Pigmentasie
- Rooiheid
- Vergrote porieë
- Fyn lyntjies
- Dowwe, gedehidreerde vel

En die grootste probleem?
Sonskade wys nie altyd onmiddellik nie — jou vel onthou elke sonbrand, elke dag sonder SPF, en selfs daardie “vinnige sonnetjie”.

Met behandelings soos IPL Skin Rejuvenation werk ons daarop om:
✔️ pigmentasie te verminder
✔️ rooiheid te verbeter
✔️ veltoon meer egalig te maak
✔️ die vel se algemene helderheid en gesondheid te verbeter

Winter is een van die beste tye om sonskade te begin behandel.

🌐 www.sdbesthetiek.com/iplsr
📧 [email protected]

21/05/2026

maak klein mikrokanaaltjies in die vel wat die vel se natuurlike genesingsproses stimuleer.

Dit help om kollageen en elastien te vervaardig, wat die vel gladder, fermer en gesonder laat lyk.

Die behandeling help met fyn lyntjies, littekens, porieë, pigmentasie en verbeter die vel se algemene tekstuur en .

www.sdbesthetiek.com

20/05/2026

▪️Intensive Hydration Mask R520
▪️Hydration Rich Moisturiser R780
▪️Renewal Cream Exfoliant R400

📧 [email protected]

Want your business to be the top-listed Beauty Salon in Pretoria?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Address


537 S H Pellissier Avenue, Sinoville
Pretoria
0129

Opening Hours

Monday 08:30 - 17:00
Tuesday 08:30 - 17:00
Wednesday 08:30 - 05:00
Thursday 08:30 - 17:00
Friday 08:30 - 17:00