Klein Bederf Kiosk Reitz
Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Klein Bederf Kiosk Reitz, Beauty, cosmetic & personal care, 3 Papenfus Street, Petsana, Reitz.
15/05/2025
BEDERF DAAI PAPPA
Met Vadersdag net om die draai is dit tyd om nou ook die Pappas in ons lewens te bederf!
Vadersdag bestellings sluit op 28 Mei, maak asseblief seker jy bestel betyds!
📱 082 559 7160
🧔🏻♂️👨🏻🍳👮🏻♂️🕵🏻♂️
11/05/2025
Gelukkige Moedersdag!
Mag jul elkeen se dag gevul wees met liefde, vreugde en waardering vir alles wat julle is en doen.
Ons gebed is dat die Here julle elkeen vandag en altyd sal seën vir die liefde, wysheid en geloof waarmee jy jou familie lei.
Mammas is ’n kosbare geskenk van God 🌸
01/05/2025
Liewe MEI...
Kontak my gerus vir enige bestellings of meer inligting.. 📱 082 559 7160
18/03/2025
POMEGRANATE & SAGE ❤️
Het julle die spesiale Lyfbotter geur gesien wat in die Maart Brosjure kuier? Ons Dames Maandbokslede het so klein voorsmakie van hierdie geur gekry 😉
Klein se Lyfbotter is propvol Shea-Botter en Vitamien olies.
ñ BAIE interessante feit oor Shea-Botter is dat dit natuurlike SPF-eienskappe het en dit is ook anti-inflammatories wat help met veltoestande soos ekseem en psoriase.
Onthou die spesiale geur is slegs beskikbaar vir Maart!!
📲 082 559 7160
VELSORG VRYDAG
Is Klein al deel van jou Velsorg Roetine?
Klein Velsorg Wenk: Onthou altyd om enige Serums VOOR jou Dag/Aandroom aan te wend.
📲 082 559 7160
12/03/2025
AVOKADO & KOMKOMMER
Klein se Avokado & Komkommer is skoon en vars, maar ook sag. Dit is ñ geur wat jou laat dink aan ñ spa, rustigheid en genade...
"In dae wat dit deurdruk vra, sal God jou help om vrug te dra... want net soos Jona se komkommerplant lei Sy genade jou aan die hand"
Avokado & Komkommer is beskikbaar in ñ wye verskeidenheid produkte, vanaf ons immergewilde gliserien-basis Seepkoek, Badmelk, Lyfwas tot Lyfbotter.
Twee Avokado & Komkommer produkte wat hoog in aanvraag is, is natuurlik ons Kamer&Linne Sproei sowel as die Riet Diffuser.
📲 082 559 7160
11/03/2025
KOOK MET KLEIN K'BUIS
OlyfOLIE met Roosmaryn - Is ñ heerlike geurige olie wat ideaal is vir jou oond-hoender, lam tjoppies, marinades en selfs as 'n doopsous vir brood.
OlyfOLIE met Basilie - Hierdie is 'n geurige, vars olie wat perfek is vir visgeregte, slaaie, pastageregte, gebakte aartappels en ook pizza.
Ons Klein K'buis Sout kom in ñ handige 250g "Grinder" en is apart beskikbaar OF in ñ pakket saam met ñ 250ml OlyfOLIE (jy spaar 10% met die pakket!)
📲 082 559 7160
04/03/2025
MAART...ñ nuwe maand 🌿
ñ Maand vir asem skep na die dolle gejaag van Januarie en Februarie.
En wat is nou ñ beter manier van asem skep en rustig raak, as ñ lekker bad aan die einde van ñ lang dag?
Met ons Bloekom & Roosmaryn Bad Soak sal jy nie net moeë, seer spiere streel nie, maar ook jou liggaam help om van gifstowwe ontslae te raak...
Kry jou Bad Soak met SOJAkersie pakket NOU vir slegs R170.00
📲 082 559 7160
Net die BESTE, NATUURLIK!
Alerts
Be the first to know and let us send you an email when Klein Bederf Kiosk Reitz posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.
Subscribe
We will notify you when anything happens in Reitz.